dcsimg

Gestreepte hiëna ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gestreepte hiëna (Hyaena hyaena) word veral in Klein-Asië, Noordoos-Afrika, die Midde-Ooste en Indië aangetref.

Identifikasie en voeding

Die gestreepte hiëna het 'n geelbruin pels met swart strepe, en lang hare kom op sy kop en rug voor. Volwasse gestreepte hiënas is 1 m tot 1,2 m lank, en het 'n stert van sowat 40 cm. Hul voedsel bestaan hoofsaaklik uit aas en afval van menslike nedersettings, maar hierdie spesie maak ook jag op lewendige prooi.

Voortplanting

'n Werpsel gestreepte hiënas word in 'n gat onder die grond gebore. Die dratyd van die moeder is ongeveer 90 dae. Klein hiënas word blind en met toe ore gebore.

Bron

Verwysings

  1. AbiSaid, M. & Dloniak, S.M.D. (2015). "Hyaena hyaena". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2017-3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link) AS1-onderhoud: ref=harv (link) doi:10.2305/IUCN.UK.2015-2.RLTS.T10274A45195080.en
  2. Linnæus, Carl (1758). Systema naturæ per regna tria naturæ, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis. Tomus I (in Latin) (10th uitg.). Holmiæ (Stockholm): Laurentius Salvius. p. 40. Besoek op 23 November 2012.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  3. MSW3: id=14000687 Hyaena hyaena
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gestreepte hiëna: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die gestreepte hiëna (Hyaena hyaena) word veral in Klein-Asië, Noordoos-Afrika, die Midde-Ooste en Indië aangetref.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF