dcsimg

Rooibok ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die rooibok (Aepyceros melampus) is 'n wildsbok wat in Afrika aangetref word. In Engels staan die bok bekend as die Impala.

Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is 'n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot".

'n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het 'n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. 'n donker, kenmerkende M-vorm word op die agterstewe aangetref.[2] Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.

Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. 'n Rooibok kan met een sprong 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor, gewoonlik 'n ram met verskeie ooie. Indien 'n groot trop saam wei, word sogenaamde brandwagte uitgeplaas terwyl die ander bokke voortgaan om te wei of water te drink. Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat wagstaan aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur 'n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bos toe terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.[3]

Rooibokke word algemeen in Suider-Afrika aangetref en is sowel gras- as blaarvreters. Hulle val verskeie roofdiere ten prooi, soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiëna's en krokodille.

Paring vind gewoonlik van April tot Mei plaas. Die ooi gee na 6 maande, gewoonlik in November of Desember, aan 'n enkele lammetjie geboorte. Die dragtige ooi kan tot 'n mate self beheer uitoefen oor wanneer die lammetjie gebore word, omdat sy noukeurig daarop let dat die grasveld in topkondisie is vir voedsel aan die nuweling. Sy kan die geboorte van die kleintjie vir tot 'n maand terughou indien klimaatstoestande ongunstig is. Die jong bokkie drink vir vier tot ses maande melk aan die ooi. Rooibokke het 'n aangetekende moontlike lewensduur van 12 jaar.

Die swartneusrooibok

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Swartneusrooibok.

Die swartneusrooibok is 'n baie skaars variant van die rooibok wat heeltemal swart is. Botlierskop Private Game Reserve in Suid-Afrika het meer as 150 swartneusrooibok. Die swartneusrooibok kan in groot troppe van omtrent 100 diere voorkom as hulle aanteel, maar gewoonlik word hulle net in troppe van 20 diere gevind.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

  1. (en) (2016) “Aepyceros melampus”. IUCN Red List of Threatened Species 2016. doi:10.2305/IUCN.UK.2016-2.RLTS.T550A50180828.en. Besoek op 4 Januarie 2017.
  2. Huffman, Brent. "Impala" (in Engels). Ultimate Ungulate. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 14 Oktober 2012.
  3. (en) Impala Facts

Bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooibok: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die rooibok (Aepyceros melampus) is 'n wildsbok wat in Afrika aangetref word. In Engels staan die bok bekend as die Impala.

Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is 'n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot".

'n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het 'n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. 'n donker, kenmerkende M-vorm word op die agterstewe aangetref. Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.

Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. 'n Rooibok kan met een sprong 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor, gewoonlik 'n ram met verskeie ooie. Indien 'n groot trop saam wei, word sogenaamde brandwagte uitgeplaas terwyl die ander bokke voortgaan om te wei of water te drink. Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat wagstaan aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur 'n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bos toe terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.