dcsimg

Lifespan, longevity, and ageing

provided by AnAge articles
Maximum longevity: 23 years (captivity) Observations: One wild born female was about 23 years old when she died in captivity (Richard Weigl 2005).
license
cc-by-3.0
copyright
Joao Pedro de Magalhaes
editor
de Magalhaes, J. P.
original
visit source
partner site
AnAge articles

Bontebok ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bontebok (Damaliscus pygargus dorcas) is 'n wildsbok wat in die suidweste van Suid-Afrika voorkom. Die bontebok is een van die provinsie Wes-Kaap se amptelike simbole.[2]

Bou en kleur

 src=
Die kop van 'n bontebok.

Die boksoort is kleurryk; die bruin dele gaan op sommige plekke oor in donkerbruin tot swart met 'n pers skynsel. Die pens, die binnekant van die boude, 'n kol rondom die kruis en die onderste helfte van die bene is wit. Die bles bokant die oë en die bles onder die is gewoonlik aaneen. Albei geslagte het horings. Hulle verskil van die blesbok deurdat die wit dele aan die lyf, veral die kol op die kruis, groter is.

Geslagsverskille

Die ramme weeg tot 64 kg en die horinglengte is gemiddeld 38 cm, met 'n rekord van 42,55 cm. Die ooie weeg tot 59 kg, het dunner horings en hulle dratyd is sowat 8 maande, met een lammetjie wat tussen September en November gebore word.

Ander feite

Die boksoort hou van oop grasvlaktes en is kuddediere wat ooi- en ramtroppe vorm. Sommige ramme loop alleen. Sy natuurlike vyand is die luiperd. Die boksoort was 'n bedreigde spesie, maar sy voortbestaan is nou verseker danksy die Nasionale Bontebokpark by Swellendam.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakels


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bontebok: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bontebok (Damaliscus pygargus dorcas) is 'n wildsbok wat in die suidweste van Suid-Afrika voorkom. Die bontebok is een van die provinsie Wes-Kaap se amptelike simbole.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF