dcsimg
Image of Stipagrostis ciliata (Desf.) De Winter
» Plants » » Angiosperms »

Stipagrostis ciliata (Desf.) De Winter

Growwe twa ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Growwe twa of langbeenboesmangras (Stipagrostis ciliata (Desf.) De Winter var. capensis (Trin. & Rupr.) De Winter) is 'n grasspesie wat inheems aan Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in die Sukkulente Karoo en die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]

Dit is 'n digte, meerjarige polgras met regop halms wat tot 1m lank word. Die gras kom wydverspreid in woestyne en halfwoestyne voor, soos in die suidweste van Marokko[2] of die Negevwoestyn van Israel. Die plant kom dikwels in kringe voor. Dit kom dalk deur die vegetatiewe vermeerdering deur horisontale groei van sy wortelstok.[3] Sowel growwe twa as fyntwa kom volop in die Namib-woestyn voor, veral op sanderige vlaktes.[4] Dit is 'n baie kenmerkende gras in die Kalahari.[5]

Landbou

Dit is goedgeskik vir beweiding:

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2015.
  2. "Plant biodiversity in Sout-Western Morocco". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020.
  3. Circular arrangement of Stipagrostis ciliata clumps in the Negev, Israel and near Gokaeb, Namibia Avinoam Danin, Gideon Orshan, Journal of Arid Environments, Volume 30, Issue 3, July 1995, Pages 307-313.
  4. [http://www.nadeet.org/sites/default/files/PR%20Sem%20Shilongo.pdf Sem Shilongo Relative abundance and habitat preference of Stipagrostis lutescens around Namib Desert Environmental Education Trust (NaDEET) office area.].
  5. van der Walt, Pieter; le Riche, Elias (1999). Die Kalahari en sy plante. Pretoria: Pretoria. pp. 90–91. ISBN 0-620-23415-6.
  6. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Growwe twa: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Growwe twa of langbeenboesmangras (Stipagrostis ciliata (Desf.) De Winter var. capensis (Trin. & Rupr.) De Winter) is 'n grasspesie wat inheems aan Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in die Sukkulente Karoo en die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.

Dit is 'n digte, meerjarige polgras met regop halms wat tot 1m lank word. Die gras kom wydverspreid in woestyne en halfwoestyne voor, soos in die suidweste van Marokko of die Negevwoestyn van Israel. Die plant kom dikwels in kringe voor. Dit kom dalk deur die vegetatiewe vermeerdering deur horisontale groei van sy wortelstok. Sowel growwe twa as fyntwa kom volop in die Namib-woestyn voor, veral op sanderige vlaktes. Dit is 'n baie kenmerkende gras in die Kalahari.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF