dcsimg

Kortsprietsprinkaan ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die suborde Caelifera bevat vier groot families sprinkane en een familie dwergkrieke. Sprinkane word algemeen oor die wêreld aangetref en meestal deur hul groot dye aan die springbene en die kort voelhorings gekenmerk. Die spesies wat striduleer ('n skrilgeluid voortbring), doen dit deur óf met hul agterpote oor die abdomen te skuur óf deur hul vlerke te klap terwyl hulle vlieg.

Indien gehoororgane aanwesig is, word dit op die eerste abdominale segment aangetref. Die sprinkane is hoofsaaklik plantetend. Sommige lede van die suborde Caelifera toon ook die merkwaardige kenmerk dat hulle onder bepaalde omstandighede groot swerms vorm wat rondtrek en groot skade aan gesaaides en plantegroei aanrig.

Laasgenoemde sprinkane word ook treksprinkane genoem. Navorsing oor hul trekgewoontes het inligting verskaf oor die omstandighede waaronder die diere swerms vorm, sodat sprinkaanplae vroegtydig voorspel en afgeweer kan word.

Treksprinkane

Oor die algemeen leef kortsprietsprinkane alleen (alleenlewend of enkelfase) en kom hulle slegs bymekaar om te paar. Nege spesies vorm egter met tussenposes en onder sekere omstandighede swerms en hul gedrag verander. Die verskillende generasies se voorkoms en gedrag verskil so baie dat hulle vroeër as verskillende spesies beskou is. Dit is egter nou bekend dat die alleenlewende sprinkane geleidelik onder die invloed van feromone en hormone 'n swermfase binnegaan (feromone is chemiese stowwe wat in klein konsentrasies afgeskei word en die gedrag van diere beïnvloed). 'n Tussenfase tussen die enkelfase en swermfase word ook onderskei.

 src=
'n Kortsprietsprinkaan.
 src=
Miljoene treksprinkane op soek na kos.

Die swerms ontstaan in 'n tydperk van langdurige swak lewensomstandighede. Namate alleenlewende individue se voedsel skaarser word, word hulle gedwing om na gebiede te trek waar voedsel volopper is. Die wyfies kom dan met meer mannetjies in aanraking en begin onder die invloed van manlike feromone meer eiers produseer. Die geslag sprinkane (tussenfase) wat hierna ontstaan, is meer sosiaal as hul voorgangers, maar hulle migreer nie.

Die groter bevolkingsdruk veroorsaak dat die wyfies van die tussenfase nog meer eiers produseer, en die volgende geslag behoort dan trek- of swermsprinkane te wees. Die jong swermsprinkane verskil baie van die jong alleenlewende soort en veral hul swart, rooi en geel skakerings is kenmerkend. Hulle word rooibaadjies of voetgangers genoem. Die volwasse treksprinkaan het ook langer vlerke. Die voetgangers begin reeds met die migrasie.

Hordes voetgangers of rooibaadjies vorm 'n swerm en loop of spring op soek na nuwe voedsel nadat hulle alles in hul tuisveld opgeëet het. Die grootste skade word egter deur die volwasse treksprinkane aangerig. Hulle vlieg in digte swerms en land op plekke waar voedsel beskikbaar is. Alle eetbare plantegroei word dan verorber. Groot sprinkaanswerms wat gesaaides vernietig, is al sedert die oudheid bekend.

Omdat die swerms sulke groot skade kan aanrig, is dit belangrik dat die trekroete presies bepaal word. Die migrasieroete is hoofsaaklik van windrigtings afhanklik en moontlike landingsplekke kan van weervoorspellings afgelei en met insekdoder behandel word. Swerms kan ook per vliegtuig gevolg en hul landingsplekke met insekdoder bespuit word. 'n Beter metode, wat veral in die Karoo toegepas word, is om die beginpunte van swerms op te spoor en die voetgangers daar te vernietig. Vroeër het twee spesies treksprinkane groot skade aan Suid-Afrikaanse landerye aangerig, naamlik die rooivlerksprinkaan (Nomadacris septemfasciata) en die bruintreksprinkaan (Locustana pardalina).

Die bruintreksprinkaan se enkelfase kom in die Karoo, die westelike dele van die Vrystaat en die suidelike dele van Namibië voor en die swerms wat hier ontstaan, kan oor die hele Suider-Afrika migreer. Die eiers word in droë grond gelê en broei kort ná die eerste somerreëns uit. Die eiers is baie bestand teen droogtes en kan etlike jare ondergronds bly.

Die sprinkane se lewensloop is vinnig, sodat etlike generasies in een somer kan leef. 'n Swerm kan dus binne ’n somer ontstaan. Die rooivlerksprinkaan emigreer vanuit die dele noord van Suid-Afrika en hul broeigebiede is veral Tanzanië, Malawi en Zambië. Ander berugte treksprinkane is Locusta migratoria en hulle broeiplek is langs die Niger.

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kortsprietsprinkaan: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die suborde Caelifera bevat vier groot families sprinkane en een familie dwergkrieke. Sprinkane word algemeen oor die wêreld aangetref en meestal deur hul groot dye aan die springbene en die kort voelhorings gekenmerk. Die spesies wat striduleer ('n skrilgeluid voortbring), doen dit deur óf met hul agterpote oor die abdomen te skuur óf deur hul vlerke te klap terwyl hulle vlieg.

Indien gehoororgane aanwesig is, word dit op die eerste abdominale segment aangetref. Die sprinkane is hoofsaaklik plantetend. Sommige lede van die suborde Caelifera toon ook die merkwaardige kenmerk dat hulle onder bepaalde omstandighede groot swerms vorm wat rondtrek en groot skade aan gesaaides en plantegroei aanrig.

Laasgenoemde sprinkane word ook genoem. Navorsing oor hul trekgewoontes het inligting verskaf oor die omstandighede waaronder die diere swerms vorm, sodat sprinkaanplae vroegtydig voorspel en afgeweer kan word.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Caelifera ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los caelíferos o celíferos (Caelifera) son un suborde del orde Orthoptera, comúnmente conocíos como saltapraos, chapulines, charates, llagostes o sanagustines. Estremar del otru suborde d'ortópteros (Ensifera) porque les antenes son curties y tienen cuasi siempres menos de 30 alfayes. Envalórase que la separación de los dos subordes producir na llende Permo-Triásicu.[1] Tratar d'inseutos herbívoros, dalgunos de los cualos son graves plagues pa l'agricultura.

Carauterístiques

"
Un Saltapraos en cañes de Cidrón.

Les pates traseres son típicamente llargues y fuertes, apoderaes pa saltar. Xeneralmente cunten con nales, pero namái les traseres son membranoses y déxen-yos volar, ente que les delantreres son coriáceas y nun son útiles nel vuelu. Les femes son de mayor tamañu que los machos.

Delles especies producen ruios oyibles, usualmente estregando los fémures contra les ales o'l abdome o col golpeteo de les ales nel vuelu. Si cunten con órganos d'audición, esti atopa los bandes del primer segmentu abdominal.

Los ortópteros que les sos antenes son tan llargues o más qu'el so propiu cuerpu son en realidad miembro d'otru suborde Ensifera, de los que s'estremen tamién pola estructura del ovipositor, según la localización del órganu auditivu y la forma en que producen los soníos carauterísticos.

Reproducción

Los güevos asítiense xeneralmente nuna sustanza esplumoso que los protexe mientres la incubación. Típicamente'l númberu de güevos que pon una fema ronda ente los 1000 y 10 000.

Circulación y respiración

Los caelíferos tomen l'aire al traviés de los espiráculos que s'atopen nes bandes del abdome y el tórax. Estos son la entrada a un sistema de tubos conocíos como gorgoberu y traqueoles, que lleven l'aire a les célules del cuerpu y estrayen anhídridu carbónico.[2]

Migraciones

Delles especies realicen grandes migraciones. Esta circunstancia dase cuando se concentren demasiaos individuos nuna mesma zona. Ante la escasez d'alimentu, el so organismu llibera una serie de feromones que fomenten la movilidá alar por que los individuos puedan movese volando a otros llugares y evitar asina la competencia intraespecífica pol alimentu. Delles especies, como Locusta migratoria y Schistocerca gregaria, mover en grandes ensames abrasando les colleches.

Filoxenia

"
Seis etapes de desenvolvimientu, dende recién nacido ninfa a adultu con nales. (Melanoplus sanguinipes).

A partir de secuencies xenétiques ribosoma-yos, construyóse la siguiente clasificación filoxenética de superfamilies (Flook y Rowell, 1998,[3] Flook et al. 2000[4]):

Caelifera


Tridactyloidea




Tetrigoidea




Eumastacoidea




Tanaeoceroidea



Trigonopterygoidea




Pneumoroidea




Pyrgomorphoidea



Acridoidea








Ver tamién

Referencies

  1. Tree of Life - Caelifera
  2. «Generalidad de los inseutos editorial=Organización pa l'Agricultura y l'Alimentación (FAO)». Consultáu'l 15 de setiembre de 2010.
  3. Flook, P. K. & Rowell, C. H. F. (1998) Inferences about orthopteroid phylogeny and molecular evolution from small subunit nuclear ribosomal RNA sequences. Insect Mol. Biol. 7: 163-178.
  4. Flook, P. K. Klee, S., & Rowell, C. H. F. (2000) Molecular phylogenetic analysis of the basal Acridomorpha (Orthoptera, Caelifera): resolving morphological character conflicts with molecular data. Mol. Phyl. Evol. 15: 345-354.

Enllaces esternos


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Caelifera: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los caelíferos o celíferos (Caelifera) son un suborde del orde Orthoptera, comúnmente conocíos como saltapraos, chapulines, charates, llagostes o sanagustines. Estremar del otru suborde d'ortópteros (Ensifera) porque les antenes son curties y tienen cuasi siempres menos de 30 alfayes. Envalórase que la separación de los dos subordes producir na llende Permo-Triásicu. Tratar d'inseutos herbívoros, dalgunos de los cualos son graves plagues pa l'agricultura.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST