dcsimg
Image of wonder flower
» Plants » » Angiosperms »

Wonder Flower

Ornithogalum thyrsoides Jacq.

Tjienkerientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die tjienkerientjie (Ornithogalum thyrsoides Jacq.) is 'n geofiet wat voorkom in die Wes- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys is hierdie plant, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig gelys.[1]

Die tjienkerientjie is 'n meerjarige plant wat 20-50 cm hoog kan word. Dit het ronde blombolle wat in die hete en droë somermaande rus. Dit het 5-7 vlesige blare wat afsterf nadat die plant gebloei het. Die blare is 15-30 cm lank en 0,5 tot 1,5 cm breed. Die blomstingel is sonder blare en bring aan die top 'n klomp wit blomme voort.

Dit kom van Namakwaland tot Caledon voor en is 'n indringerplant in Wes-Australië. Die plant word dikwels vir sy blomme gekweek en dit kan ook in streke met somerreëns groei. Die plant is giftig en kan perde en beeste dood indien hulle dit vreet.[2]

Verwysings

  1. SANBI-rooilys.
  2. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2016.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tjienkerientjie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die tjienkerientjie (Ornithogalum thyrsoides Jacq.) is 'n geofiet wat voorkom in die Wes- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys is hierdie plant, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig gelys.

Die tjienkerientjie is 'n meerjarige plant wat 20-50 cm hoog kan word. Dit het ronde blombolle wat in die hete en droë somermaande rus. Dit het 5-7 vlesige blare wat afsterf nadat die plant gebloei het. Die blare is 15-30 cm lank en 0,5 tot 1,5 cm breed. Die blomstingel is sonder blare en bring aan die top 'n klomp wit blomme voort.

Dit kom van Namakwaland tot Caledon voor en is 'n indringerplant in Wes-Australië. Die plant word dikwels vir sy blomme gekweek en dit kan ook in streke met somerreëns groei. Die plant is giftig en kan perde en beeste dood indien hulle dit vreet.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF