dcsimg

Bloustreepte-pypvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bloustreepte-pypvis (Doryrhamphus excisus) is 'n vis wat voorkom in die Stille- en die Indiese Oseane; meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bluestripe pipefish.

Identifikasie

Die vis word 7cm lank en is klein en oranjebruin met 'n blou streep op die sye wat strek van die snoet tot by die stert. Die stert is rond met 'n oranje merk op die basis waarop 'n enkel kol is.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 8 tot 45 m diep is. Hulle leef op rotslyste, skeure en die dakke van grotte. Die vis is alleenlopers of kom in pare voor en is territoriaal van aard. Partkeer swem hulle onderste bo; hulle is ook skoonmakers vir ander visse deur parasite te verwyder. Hulle vreet soöplankton en klein ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bloustreepte-pypvis: Brief Summary ( Afrikaans )