dcsimg
Image of Calyptogena Dall 1891
» Animals » » Molluscs

Mussels

Bivalvia Linnaeus 1758

Tweekleppige ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Tweekleppiges (Bivalvia) is 'n klas seediere wat tot die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Hierdie klas sluit onder andere gapermossels, oesters en mossels in. Die tweekleppiges het 'n skulp wat uit twee dele bestaan wat met 'n buigbare ligament aanmekaar gehou word. 'n Paar spesies kan swem, maar die meeste anker hulself aan 'n substraat vas.

Kieue word vir asemhaling gebruik, maar kan ook met voeding help, omdat die meeste tweekleppiges filter-vreters is. Die geslagte is verskillend en bevrugting vind uitwendig plaas. Die diere word veral gekenmerk deur hul uitwendige skelet (skulpe), wat uit 2 beweegbare dele (kleppe) bestaan. Die klas diere is baie suksesvol en die verskillende spesies word in die seë op ʼn verskeidenheid dieptes, asook in varswater aangetref.

Hulle is uitstuitend waterlewend en die bekendste tweekleppiges is die mossels en oesters. Die tweekleppiges (klas Bivalvia) is aan slakke, seekatte en inkvisse verwant en almal is weekdiere (phylum Mollusca). Die meeste tweekleppiges se liggame word heeltemal deur hul skulpe bedek en 'n kopgedeelte kan nie onderskei word nie. Die voet is in baie gevalle tot 'n mesvormige struktuur gemodifiseer en dien as 'n soort graaf.

ʼn Radula (raspertong) ontbreek by die meeste spesies. Die dier is of heeltemal sessiel (sittend), of hulle kan net stadig beweeg, maar hulle kom nogtans wydverspreid voor. Hulle is egter nie soos slakke tot 'n bestaan op land aangepas nie. Ongeveer 15 000 spesies is bekend.

Die skulp

Die skulpe van die tweekleppiges bestaan uit 2 helftes, ʼn linker- en 'n regterklep, wat meestal spieëlbeelde van mekaar is. Die 2 helftes word deur ligamente aanmekaar geskarnier en dit word deur 2 spiere, die sluitspiere, geslote gehou. Wanneer die spiere ontspan, word die helftes deur die ligament oopgetrek.

Die 2 skulprande het tande wat inmekaarsluit om te verhoed dat die kleppe op mekaar rondskuif. Die manier waarop die tande inmekaarsluit (slot), asook die tande self, dien as 'n taksonomiese kenmerk en is belangrik vir die klassifikasie van die verskillende tweekleppiges.

Daar word 2 soorte slotte onderskei: die taksodonte en die heterodonte slot. Die skulpgroottes wissel baie; sommige varswaterspesies is slegs 1 mm groot, terwyl party seelewende spesies groter as 1 m kan word. Die kleppe groei saam met die diere en die oudste deel daarvan is die umbo, die gedeelte naby die ligamente waar die 2 kleppe aanmekaargehou word. Nuwe dele van die skulp groei hier aan, sodat 'n reeks konsentriese ringe om die umbo die aantal groeiseisoene aandui.

Sagte dele

Die materiaal waaruit die skulp gevorm word, word deur die mantel afgeskei. Dit is 'n dun vlies tussen die weekdier se liggaam en die skulp. Die mantel is aan die een sy uitgegroei tot 2 buise, die sifons, waarmee water van en na die liggaam gevoer word. Sommige spesies leef diep onder die substraatoppervlak en hulle het gevolglik besonder lang sifons.

Die spesies begrawe hulle met hul voet, 'n gespierde orgaan wat buite die skulp gestoot kan word en mesvormig is. Die voet kan ook gebruik word om mee te kruip, of in die geval van hartmossels, om mee te spring. Sessiele (sittende) spesies het geen voete nie maar hulle word met ʼn afskeidingstof van die bissusklier aan die substraat geheg. Die afskeidings verhard in die water tot bissusdrade. Die meeste tweekleppiges leef hoofsaaklik van fitoplankton (plant- plankton) wat hulle uit die water filtreer terwyl dit deur die liggaam stroom.

'n Instroomkanaal voer die water na die kieue, wat gemodifiseer is om die plankton uit die water te haal, en wat as 'n gaswisselingsorgaan dien. Die plankton word met slym uit die water gehaal en daarna deur trilhare na die mond gevoer. Nadat gaswisseling plaasgevind het, verlaat die water die liggaam deur die uitstroomopening. Ander tweekleppiges skraap voedsel van die substraat met behulp van tentakels, wat verlengings van die mondhoeke is.

Voedseldeeltjies klou aan die slymbedekte tentakels vas en word deur trilhare na die mond gebring, waar die voedseldeeltjies van die ander materiaal geskei word. Die senuweestelsel is relatief eenvoudig en geen ware brein word aangetref nie. Orie paar senuweeknope is aanwesig: die serebrale, pedale en die visserale ganglia. Die ganglia word deur 2 senuweekoorde en 'n aantal ander vesels met mekaar verbind, en die sintuie is swak ontwikkel.

Voortplanting

Die meeste tweekleppiges is eenslagtig, hoewel ʼn aantal hermafroditiese (tweeslagtige) spesies ook aangetref word, maar selfbevrugting kom nie dikwels voor nie. Sommige oesters kan hul geslagte tydens hul leeftyd verander. Eiers en spermselle word in die water vrygestel en bevrugting vind buite die diere se liggame plaas. 'n Vryswemmende larwe wat met trilhare bedek is (veligerlarwe), broei na 'n tydperk uit. Dit sak later na die bodem en gedaantewisseling vind plaas.

Varswater tweekleppiges se lewensiklus wyk ietwat van die patroon af. In sommige spesies is die vryswemmende larwestadium by 'n sittende, parasitiese bestaan aangepas. Die larwes staan as glogidia of haustoria bekend en hulle heg hulle 'n tyd lank aan visse se kieue totdat hulle (die larwes) vir gedaantewisseling gereed is. Daarna verlaat hulle die visse en sak na die bodem af, waar hulle tot volwasse tweekleppiges ontwikkel.

Betekenis vir die mens

Tweekleppiges is veral as 'n voedselbron belangrik, want mossels en oesters word in sommige lande op groot skaal geëet. Hartmossels word dikwels ook as asbakke gebruik, terwyl die doopvontskulp as doopvont kan dien. Sommige oesterspesies vorm pêrels. Die voorkant van baie mossels se skulprande is voorsien van skerp tande, wat hulle gebruik om gate in hout mee te boor. Die saagsels dien ook as voedsel. Paalwurms het veral vroeër skepe met houtrompe en houtpale by hawens erg beskadig.

Klassifikasie

Die klassifikasie van die klas Bivalvia kan verwarrend wees en daar bestaan 'n hele aantal klassifikasiestelsels. In die algemeenste stelsel wat tans gebruik word, word die klas in 3 subklasse ingedeel. Die subklas Protobranchia bevat die primitiefste tweekleppiges met eenvoudige kieue. Sommige van die diere, soos lede van die familie Nuculidae, neem nog voedsel met hul tentakels in.

Lede van die subklas Lamellibranchia (Polysyringia) het gevoude kieufilamente, wat vir gaswisseling en die filtrering van voedsel uit die water gebruik word. Die orde Anisomyaria bevat die mossels (genera Mytilus en Modiolus) en die oesters (genera Ostrea, Crassostrea, Spondylus, Pinctada, Anomia en Lima). Die ander families bevat onder meer die kammossels en die skeepsmossels.

Taksonomie

 src=
'n Japanse oester.

Bronne

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 201 - 203
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tweekleppige: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Tweekleppiges (Bivalvia) is 'n klas seediere wat tot die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Hierdie klas sluit onder andere gapermossels, oesters en mossels in. Die tweekleppiges het 'n skulp wat uit twee dele bestaan wat met 'n buigbare ligament aanmekaar gehou word. 'n Paar spesies kan swem, maar die meeste anker hulself aan 'n substraat vas.

Kieue word vir asemhaling gebruik, maar kan ook met voeding help, omdat die meeste tweekleppiges filter-vreters is. Die geslagte is verskillend en bevrugting vind uitwendig plaas. Die diere word veral gekenmerk deur hul uitwendige skelet (skulpe), wat uit 2 beweegbare dele (kleppe) bestaan. Die klas diere is baie suksesvol en die verskillende spesies word in die seë op ʼn verskeidenheid dieptes, asook in varswater aangetref.

Hulle is uitstuitend waterlewend en die bekendste tweekleppiges is die mossels en oesters. Die tweekleppiges (klas Bivalvia) is aan slakke, seekatte en inkvisse verwant en almal is weekdiere (phylum Mollusca). Die meeste tweekleppiges se liggame word heeltemal deur hul skulpe bedek en 'n kopgedeelte kan nie onderskei word nie. Die voet is in baie gevalle tot 'n mesvormige struktuur gemodifiseer en dien as 'n soort graaf.

ʼn Radula (raspertong) ontbreek by die meeste spesies. Die dier is of heeltemal sessiel (sittend), of hulle kan net stadig beweeg, maar hulle kom nogtans wydverspreid voor. Hulle is egter nie soos slakke tot 'n bestaan op land aangepas nie. Ongeveer 15 000 spesies is bekend.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bivalvia ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los bivalvos (Bivalvia, bi = dos; valvia = cáscara o placa), lamelibranquios (Lamellibranchia) o pelecípodos (Pelecypoda) son una clase del filu Mollusca con unes 13 000 especies, la mayoría marines. Presenten un cascu con dos valva llaterales, xeneralmente simétriques, xuníes por un gonciu y lligamentos. Diches cáscares cerrar por aición d'unu o dos músculos aductores.

Atópase-yos soterraos en fondos blandos (infauna), como habitantes fixos de superficies y estructures ríxides o llibres sobre los fondos epifauna. Delles especies furen el sustrato (roca o madera) y delles más son comensales o parásites.lolo

Carauterístiques

Escarecen de cabeza estremada y de tentáculos. Nun tienen mexelles nin rádula. La boca presenta palpos llabiales carnosos. Alienden por aciu unu o dos pares de branquies, xeneralmente llaminares.

Nes conches de los bivalvos reparar gran variedá de tamaños, formes, colores y dibuxos esculpíos na superficie. El tamañu fluctúa dende conches diminutes (2 mm) hasta especies que pueden algamar 15 dm de llargu y un pesu de 250 kg.[ensin referencies] Ente los moluscos bivalvos más conocíos podemos nomar: ostra, amasuela, navaya, moxón, chancia de los barcos, coquina, etc.

Nel cantu anterior del mantu estremen trés pliegues: internu, mediu y esternu. La plega interna ye muscular, el mediu destaca pola so función sensorial y l'esternu ta rellacionáu cola secreción de la concha. La concha ta estremada en dos valva xuníes dorsalmente na charnela, que consiste nun lligamentu elásticu formáu por conquiolina y secretado pol mantu; nun ta bien calcificado, polo que permanez flexible y elásticu. El músculu o "pie" carauterísticu de los moluscos, nos bivalvos puede presentase modificáu o bien amenorgáu según el vezu de les distintes especies.

  • "

    Vista interna d'una cáscara.

  • "

    1: Planu de simetría. 2: Llinies de crecedera. 3: Lligamentu. 4: Umbo.

Historia natural

Tolos representantes d'esta clase son acuáticos, tanto marinos como dulceacuícolas, y pueden atopase dende les llendes cimeres de la pleamar hasta les zones abisales. La proteición de les conches dexa que delles especies especializaes soporten les condiciones de la franxa costera intermareal.

Típicamente, les especies que viven sobre sustratos blandios como fangos y arenes, presenten un pie que-yos dexa escavar y tien forma d'hachu. Les especies sésiles caltiénense xuntaes al sustrato, bien seya por cimentación, como les orca, o por aciu la secreción d'una serie de filamentos que conformen el biso (moxones).

Aquellos bivalvos que viven so l'arena (suelu blandu), aliméntense penerando pequeñes cantidaes d'agua mientres les marees altes, d'onde estrayen el alimentu. Nun suelen viaxar llueñe, yá que los sos órganos tán afechos pa penerar l'agua al traviés de les cáscares de la so concha en cuenta de que'l bivalvu mesmu treslládese pa introducir agua nel so interior. Nes ocasiones en que se mueve, utiliza'l so pie, un músculu que-y dexa soterrar se nel sable.

Ecoloxía y Paleontoloxía

Los Bivalvia son moluscos esencialmente acuáticos, na so mayoría marinos, qu'habiten con preferencia la rexón bentónica sublitoral, anque tamién los atopa hasta les fondures abisales.El salín y la temperatura cuntar ente los factores que más inflúin na so distribución. Tienen gran valor nos analises paleoambientales por cuenta de la so estrecha rellación col tipu de sustrato, la bona presencia nel rexistru fósil dende'l Cámbricu, la so gran diversidá y bayura en variaos paleoambientes, y escelente representación nos medios acuáticos actuales. Estos moluscos viven nun ampliu rangu de temperatures de l'agua; polo xeneral el tamañu y espesura de la conchilla escayen al menguar la temperatura. Son más comunes n'agües bien osixenaes, anque delles especies comenencioses o con adaptaciones especiales pueden vivir n'ambientes probes n'osíxenu hasta dafechu anóxicos. Ye ampliu tamién el rangu de salín que soporten, dende agües duces continentales hasta mares hipersalinos, pero son muncho más diversos en condiciones de salín marín normal.

El salín y la temperatura tienen poca influyencia sobre los vezos de vida, sicasí la depredación condiciona notablemente dellos aspeutos xenerales de la morfoloxía funcional de los bivalvos, como la secreción del biso o la escavación, anque se conoz menos la so influyencia nel desarrollu de variantes morfolóxiques específiques pa protexese de depredadores (cementación, escayos sifonales). Los factores más importantes qu'afecten la manera de vida de los bivalvos son la disponibilidad d'alimentu, el tipu de sustrato y el movimientu de l'agua. La morfoloxía funcional de les valvasestá bien rellacionada col calter del sustrato. Tocantes a la turbulencia de l'agua, puede dicise que polo xeneral prefieren ambientes con movimientu de l'agua moderao; en condiciones aturbolinaes predominen los cementantes, nidificadores, furadores y escavadores rápidos.

L'estudiu de la diversidá morfolóxica de los bivalvos en rellación a distintes estratexes de manera de vida demostró qu'esisten morfoloxíes adaptatives recurrentes[1], tipificadas caúna por conxuntos de calteres específicos. Munchos bivalvos (especialmente los infaunales) viven col so comisura empobinada en posición perpendicualr a la interfase ente'l sustrato y l'agua, pero esisten dalgunos (comunes ente los epifaunales, anque tamién los hai infaunales) que lo faen con una de les cáscares contra'l sustrato o de manera que la comisura queda aproximao paralela o oblicua a la interfase. Estos postreros bivalvos denominar pleurotéticos, y reconócense por ser inequivalvos en dalgún grau (cáscares derecha y izquierda con convexidá, espesura, ornamentación o entá coloración distintes), pueden tener cáscares torsionadas, que la so comisura nun se topa nun planu y, nel casu de los pleurotéticos epifaunales, son cuasi siempres monomiarios. Los pleurotéticos inclúin a tolos bivalvos cementantes, la mayoría de los sofitaos, munchos bisados y dellos escavadores.

Sicasí, estos vezos nun son exercíos con exclusividad, presentándose frecuentes combinaciones de los mesmos. Delles especies escavadores (especialmente árcidos) empleguen un débil biso p'aumentar la estabilidá nos estratos blandos. Otres especies que viven fixes pol biso, pertenecientes a los xéneros Isognomun y Barbatia, habiten introducíes a la manera d'una cuña ente colonies de corales o roques, igual que delles especies nidificadoras llibres. Munches formes nadadores, como los pectínidos, pasen bona parte de la so esistencia sofitaes no fondero o fixes pol biso. Petricola pholadiformis de normal vive como un escavador en sedimentos blandos o furador en sustratos duros. Na canal de Beagle, Hiatella solida afitar pol biso a los sustratos predresos y al cachiyuyo, en llatitúes menores ye furadora en sables duros o incrustante de bivalvos y gastrópodos, y en Brasil vive fixa sobre roques, estrelles de mar y briozoos o ente tubos de poliquetos[2].

Estes variaciones en vezu pueden producise a lo llargo de la ontogenia, como se deduz dacuando de cambeos morfolóxicos rexistraos na conchilla.

La diversidá de formes que presenten les conchillas se correlaciona cola diversidá de hábitats ocupaos y la variedá de maneres de vida adoptaos, y asina grupos de bivalvos pocu rellacionaos filogenéticamente pueden desenvolver conchillas con calteres similares[3].

Referencies

  1. Stanley, Steven M. (1970). Relations of shell form to life habits in the Bivalvia (Mollusca). Geological Society Memoir.
  2. Gordillo, S. (1995). Molusco australes: Una guía ilustrada.. Zaguier y Urruty Publications, Buenos Aires, 115.
  3. Camacho, Horacio (2007). Los Invertebraos fósiles.. Camacho, H.(ed.), Buenos Aires: Fundación d'Historia Natural Félix de Azara: Universidá Maimónides., 800. ISBN ISBN 978-987-22121-7-9..
  • Jonathan Elphick, Jen Green, Berbara Taylor, Richard Walker (2001). Gran Enciclopedia de los Animales. Santiago de Chile: La Tercera..


Enllaces esternos


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Bivalvia: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los bivalvos (Bivalvia, bi = dos; valvia = cáscara o placa), lamelibranquios (Lamellibranchia) o pelecípodos (Pelecypoda) son una clase del filu Mollusca con unes 13 000 especies, la mayoría marines. Presenten un cascu con dos valva llaterales, xeneralmente simétriques, xuníes por un gonciu y lligamentos. Diches cáscares cerrar por aición d'unu o dos músculos aductores.

Atópase-yos soterraos en fondos blandos (infauna), como habitantes fixos de superficies y estructures ríxides o llibres sobre los fondos epifauna. Delles especies furen el sustrato (roca o madera) y delles más son comensales o parásites.lolo

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST