dcsimg

Nkupe ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nkupe (Distichodus mossambicus) is 'n varswatervis wat in die middel en onderste gedeeltes van die Zambezirivier en die Pungwe- en Buziriviere voorkom. In Engels staan die vis ook bekend as die Nkupe.

Voorkoms

Die vis se lyf is diep en dun met 'n vetvin agter die dorsale vin. Die stertvin is gevurk en grootliks bedek met skubbe. Die kop is plat en konkaaf gevorm. Die volwasse visse is donker olyfkleurig, amper swart en die onvolwasse visse is silwer met 6 -7 donker, breë vertikale strepe oor die lyf. Die vis word 570 mm lank. Die Zimbabwe-hengelrekord is 7.555 kg en die Malawirekord is 5.47 kg.

Habitat

Die vis verkies die hoofstrome van groter riviere. Hulle is omnivore en vreet 'n verskeidenheid voedsel insluitende insekte, slakke, klein vissies en water plante. Hulle broei in die somer en beweeg dan stroomop na geskikte neste. Die vis is belangrik vir bestaansvissers.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Müller, J. & F. H. Troschel, 1844. Synopsis generum et specierum familiae Characinorum. (Prodromus descriptionis novorum generum et specierum). Arch. Naturgeschichte v. 10 (pt 1): 81-99 + Zu p. 99 (foldout).
  2. (en) BioLib
  3. Peters, W. (C. H.)., 1852. Diagnosen von neuen Flussfischen aus Mossambique. Monatsb. Akad. Wiss. Berlin 1852: 275-276, 681-685.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Nkupe: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Nkupe (Distichodus mossambicus) is 'n varswatervis wat in die middel en onderste gedeeltes van die Zambezirivier en die Pungwe- en Buziriviere voorkom. In Engels staan die vis ook bekend as die Nkupe.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF