dcsimg

Natalse bergbaber ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Natalse bergbaber (Amphilius natalensis) is 'n varswater vis wat voorkom vanaf die oostelike hooglande van Zimbabwe suidwaarts tot by die Umkomaasrivier stelsel in KwaZulu-Natal en die Ruorivier in Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Natal mountain catfish.

Voorkoms

Die vis het 'n lang en slanke lyf. Die stertvin is gevurk en daar is drie pare baarde om die mond. Die kleur van die vis wissel; gewoonlik is dit dof bruin tot bruin met kolle op. Ander kere is die vis bruin tot swart. Die vis word tot 125 mm lank.

Habitat

Die vis leef tussen klippe en rotse in vinnig vloeiende water. Hulle is naglewend en vreet bodem stroom ongewerweldes. Die vis broei in die somer en is die prooi vir forelle.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Natalse bergbaber: Brief Summary ( Afrikaans )