dcsimg

Bergrivier-rooivlerkie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bergrivier-rooivlerkie (Pseudobarbus burgi) is 'n varswater vis wat voorkom in die Bergrivier en sy sytakke in die Wes-Kaap. Dit het ook voorgekom in die Eersterivier. In Engels staan die vis bekend as die Berg river redfin.

Voorkoms

Daar is twee pare baarde om die mond. Die volwasse mannetjies het prominente tuberkels op die kop. Die vis is bruin aan die bokant en silwerig aan die onderkant. Daar is 'n onreëlmatige donker band oor die lyf; dit is meer prominent in die onvolwasse visse as die volwasse visse.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid habitatte; van helder bergstrome tot diep, stil poele vol plantegroei van die laer riviere. Hulle vreet hoofsaaklik ongewerweldes, alge en detritus van die bodem af en broei in die somer.

Bewaringstatus

Die vis is kritiek bedriegd en is reeds uitgewis in die Eersterivier. Van die redes hiervoor is die habitat wat vernietig word en uitheemse roofvis spesies wat vrygelaat is.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bergrivier-rooivlerkie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bergrivier-rooivlerkie (Pseudobarbus burgi) is 'n varswater vis wat voorkom in die Bergrivier en sy sytakke in die Wes-Kaap. Dit het ook voorgekom in die Eersterivier. In Engels staan die vis bekend as die Berg river redfin.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF