dcsimg

Kaapse galaxias ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus) is 'n varswatervissie wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor in bergstrome vanaf die Olifantsrivier tot by die Gamtoosrivier. In Engels staan die vis bekend as die Cape galaxias.

Voorkoms

Die vissie is klein, met 'n slanke, tingerige, silindriese lyf sonder skubbe. Die dorsale vin is agter op die rug, regoor die anale vin en die stertvin is reguit. Die vis het groot en is deurskynend ligbruin van kleur. Daar kom soms donker vlekke of strepe op die vis voor. Hulle word tot 75 mm lank.

Habitat

Die vissie leef in stadigvloeiende strome naby die oewers waar beskerming is. Hulle kom soms voor in staande en vinnigvloeiende waters. Alhoewel die vissie klein is, is hulle taai en kan in 'n verskeidenheid watertipes en temperatuurverskille oorleef. Hulle klein lyf en kleur verleen beskerming teen roofvisse en hulle vreet ongewerweldes wat op die water dryf. Die vissie broei in die lente of somer; afhangend van plaaslike toestande.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kaapse galaxias: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus) is 'n varswatervissie wat endemies is aan Suid-Afrika en kom voor in bergstrome vanaf die Olifantsrivier tot by die Gamtoosrivier. In Engels staan die vis bekend as die Cape galaxias.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF