dcsimg

Gewone bergbaber ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Gewone bergbaber (Amphilius uranoscopus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavango- en Zambezirivier stelsels. Dit kom ook voor in die ooskus riviere van Suider-Afrika suidwaarts tot by Mkuze in KwaZulu-Natal. Die vis kom ook voor in Sentraal- en Oos-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Common mountain catfish of Stargazer mountain catfish.

Voorkoms

Die vis het 'n lang skraal lyf. Die stertvin is ietwat gevurk. Die vis is normaalweg geel bruin van kleur of grys bruin. Die vis word tot 170 mm lank.

Habitat

Die vis leef in helder, vinnig vloeiende water in rotsatige omgewings. Hulle vreet insekte en ander klein organismes van die rotse af en broei in die somer. Hulle is die prooi vir forelle.

Trivia

Die naam uranoscopus verwys na die oë wat bo-op die kop is - Engels stargazer.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Gewone bergbaber: Brief Summary ( Afrikaans )