dcsimg

Straaldiertjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src=
Straaldiertjies uit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur (1899).

Straaldiertjies (Radiolaria) is ’n groep baie klein, eensellige organismes wat tot die supergroep Rhizaria behoort. Hulle word in alle oseane aangetref en is sedert die Kambrium bekend. Ondanks hul naam is hulle nie regte diere nie.

Straaldiertjies word in baie verskillende soorte en groottes aangetref. Die grootte kan wissel van 0,03 tot 2 mm en ’n mikroskoop is nodig om hulle te sien. Die vorm van hul skelet wissel ook in ’n groot mate.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF