dcsimg

Ietermago ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
'n Opgerolde ietermago wat homself teen leeus probeer beskerm.

Die ietermago (ook ietermagog of ietermagô) is 'n soogdier in die orde Pholidota. Daar is slegs een oorgeblewe familie (Manidae) en een genus (Manis), wat uit agt spesies bestaan. Daar is ook 'n aantal uitgestorwe taksonomiese groepe. Ietermago's is die enigste soogdiere wat harde skubbe op hulle vel het. Hulle word in die tropiese streke van Afrika en Asië aangetref. Die ietermago word soms met die Amerikaanse gordeldier vergelyk, maar dié het 'n beenagtige dop en word onder 'n ander familie en orde geklassifiseer.

Ietermago's is nagdiere en gebruik hulle goed ontwikkelde reuksintuig om insekte te vind.

Etimologie

Die naam "ietermago" is waarskynlik afkomstig van Tswana: machocho ("mier") of magogwe ("ratel"). Die woordvorming van "ietermago", asook die habitat en rol van die dier in die bygelowe van inheemse Suid-Afrikaanse stamme, ondersteun dié herkoms van die woord.

Voorgeskiedenis

Ietermago's het reeds miljoene jare gelede voorgekom en was vroeër meer wydverspreid as vandag. Ietermagofossiele wat uit die Oligoseen en Mioseen dateer is in Europa gevind. Ook in Asië, waar die dier tans nog voorkom, is fossiele gevind wat uit die Pleistoseen dateer.

In Afrika is daar slegs een fossiel gevind, moontlik dié van Manis temminckii, in die Nelsongrot naby Plettenbergbaai. Dié fossiel dateer uit die Laat Pleistoseen.

'n Onlangse groot filogenetiese ontleding wat fossiele asook huidige soogdiere beskou het, het die Pholidota as 'n sustergroep van die Carnivora geplaats. (Halliday 2015) [1] Dit sluit ook Eurotamandua in, 'n fossiel wat in Europa gevind is en baie soos 'n Suid-Amerikaanse tamandua (miervreter) lyk. Dit is eers as 'n lid van die Xenarthra gesien, wat talle navorsers verbaas het, omdat dit 'n Suid-Amerikaanse groep is en nie 'n Europese een nie. Daar is later gedink dat dit tot 'n orde "Afredentata" behoort wat tot die Afrotheria sou behoort. 'n Posisie binne die Pholidota en dus die noordelike Laurasiatheria as 'n ietermago sonder skubbe maak meer sin.

Halliday se ontleding dui ook aan dat talle soogdiere uit die Paleogeen waarvan die taksonomie onduidelik is, soos heelparty lede van die sogenaamde "Condylarthra" -wat sterk polifileties blyk te wees- verwant aan die Pholidota kan wees. Een van daardie groepe is die Palaeanodonta, 'n tweede die Creodonta. [2]

Kladogram

'n Vereenvoudigde kladogram na Halliday

Laurasiatheria

Euungulata (perde, bokke ens.)


Ferae

Carnivora (katte, honde ens.)




Pholidota



†Palaeonodonta



Creodonta





Identifisering

Die verskillende spesies lyk baie op mekaar en verskil net bietjie in bou en lengte. Die algemene ietermago het 'n langwerpige liggaam, met 'n rug, pote en stert wat met geelbruin, grysbruin of donkerbruin skubbe bedek is. Dié skubbe is gemaak van keratien (ook bekend as "horingstof"), dieselfde materiaal waarvan 'n mens se vingernaels en die kloue van viervoeters gemaak is. 'n Pasgebore ietermago se skubbe is sag, maar verhard namate die dier ouer word. Die skubbe oorvleuel mekaar. Slegs die kop, keel, pens en binnekant van die pote is nie met skubbe bedek nie, maar met hare.

'n Ietermago het 'n klein, silindriese kop met swakontwikkelde, beweegbare kake. Die dier het geen tande nie, maar wel 'n lang, klewerige rekbare tong, wat tot in die buikholte strek. Groot ietermago's kan hulle tonge sover as 40 cm na buite strek. Ietermaggogge se uitwendige ore is baie klein, of heeltemal afwesig; hulle gesigsvermoë is beperk, maar hulle het goed ontwikkelde reuk-, smaak- en gehoorsintuie. Die voorpote is aansienlik kleiner as die agterpote en het sterk kloue waarmee mier- en termietneste oopgebreek kan word. Die voorpote is egter te klein om die dier se gewig ten volle te ondersteun en 'n ietermago hardloop dus op sy agterpote.

Boombewonerspesies besit 'n stert wat langer is as die liggaam self. Die stert het 'n kaal strook aan die einde wat as 'n klou- of grypledemaat gebruik kan word tydens boomklim. Grondbewoners het nie hierdie kaal strook nie en hulle sterte is heeltemal met skubbe bedek, asook 'n bietjie korter as die liggaam self.

Die reuse-ietermago is die grootste spesie, met 'n liggaam tussen 75 en 80 cm en 'n stert tussen 55 tot 65 cm.

Verspreiding

Elke spesie het 'n spesifieke verspreidingsgebied en dié is dan ook soms aan die naam te sien, bv. die Indiese ietermago (Manis crassicaudata), wat in Indië en Sri Lanka voorkom. Die Chinese ietermago, Manis pentadactyla, op Formosa en in Suid-China voor, terwyl die Maleise ietermago, Manis javanica, op die Maleise Skiereiland, in Birma, Indo-China, Laos, Sumatra en Borneo aangetref word. Die Filippynse ietermago, Manis culionensis, kom op die Filippynse eilande Palawan en Culion voor.

Die ander vier spesies word almal in Afrika aangetref. Die Suider-Afrikaanse ietermago (Manis temminckii) word in die ooste en suide van Afrika aangetref, van die Kaapland tot in Ethiopië. Die reuse-ietermago verkies reënwoude en bewoon 'n streek wat langs die ewenaar strek, van Wes-Afrika tot in Oeganda. Die Suid-Afrikaans ietermago en die reuse-ietermago (Manis gigantea) is altwee grondbewoners, terwyl die ander twee Afrika-spesies boombewoners is. Die boom-ietermago (Manis tricuspis) is 'n klein ietermago wat in tropiese reënwoude aangetref word van Senegal tot Wes-Kenia en suid tot in Zambië. Die langstert-ietermago (Manis tetradactyla) is ook 'n liefhebber van reënwoude en kom suid van die Sahara voor, maar nie so ver suid as die Suider-Afrikaanse ietermago nie.

Spesies

Bronnelys

  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Tegn. red.: G.J. van Wyk. Outeurs: A. E. Cloete, A. Jordaan, H.C. Liebenberg, H.J. Lubbe. 2003, Stellenbosch: WAT.
  • Ietermago in Wêreldspektrum, volume 11. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
  • Giant pangolin, by die BBC se Science and Nature-webwerf.

Verwysings

  1. Resolving the relationship of Paleocene Placental mammals, Thomas J. D. Halliday, Paul Upchurch, Anjali Goswami Biological Reviews 92(1) 2015, 521-550
  2. Surprises from Placental Mammal Phylogeny 1: Pangolins Are Close Kin of Carnivorans Darren Naish Scientific American Julie 2015.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Ietermago: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= 'n Opgerolde ietermago wat homself teen leeus probeer beskerm.

Die ietermago (ook ietermagog of ietermagô) is 'n soogdier in die orde Pholidota. Daar is slegs een oorgeblewe familie (Manidae) en een genus (Manis), wat uit agt spesies bestaan. Daar is ook 'n aantal uitgestorwe taksonomiese groepe. Ietermago's is die enigste soogdiere wat harde skubbe op hulle vel het. Hulle word in die tropiese streke van Afrika en Asië aangetref. Die ietermago word soms met die Amerikaanse gordeldier vergelyk, maar dié het 'n beenagtige dop en word onder 'n ander familie en orde geklassifiseer.

Ietermago's is nagdiere en gebruik hulle goed ontwikkelde reuksintuig om insekte te vind.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Manis ( Asturian )

provided by wikipedia AST
"
Dibuxo d'un pangolín.
"
Otru dibuxu d'un pangolín terrestre.

Manis ye un xéneru de mamíferos folidotos de la familia Manidae, conocíos vulgarmente como pangolinos. Tienen grandes escames que cubren la mayor parte del so cuerpu. Atópase nes zones tropicales d'Asia y d'África.

Los pangolinos asiáticos caracterizar por tener pabellones auditivos esternos y escames debaxo de la cola. El so nome provien del vocablu malayu "pengguling" que se traduz por "rodiellu". El primer estudiu anatómicu reunificado y comparáu ente los pangolinos d'África y Asia realizar Francis Banguet en 1935.

Descripción y comportamientu

El tamañu de los pangolinos varia según les especies, dende 30 cm hasta 1 metro. Les femes son xeneralmente más pequeñes. L'apariencia esterna de los pangolinos caracterizar les escames llargues, endurecíes y en forma de plaques qu'anubren el so cuerpu, lo cual ye un atributu inusual ente los mamíferos. Son de cutiu comparaos con alcachofes o piñes caminantes. Puédense endolcar llueñe nuna bola cuando se ven amenaciaos, coles sos escames sobrepuestes actuando como armadura.[1] Al nacer, les escames son blandes, pero van endureciéndose a midida que l'animal desenvuélvese.

A pesar de nun ser la so arma primaria, les poderoses pates de los pangolinos, usaes pa cavar na tierra endurecida, son lo suficientemente fuertes pa partir una pierna humana d'un solu golpe. Los pangolinos tamién pueden emitir un ácidu fedientu d'unes glándules cerca del cursu, similar al que segrega una mofeta. Los pangolinos tienen pates curties, con garres afilaes qu'usen pa soterrase.

Los pangolinos escarecen de dientes y de l'habilidá de mazcar. Nel so llugar, abren los formigueros y termiteros coles sos poderoses garres delanteres ya introducen la so llarga llingua.

Sábese bien pocu sobre la reproducción d'esti animal, pero como mamíferu sabemos que ye vivíparu y la fema suel parir una sola cría. Según púdose reparar amás, los pangolinos viven solos o en pareyes, pero nunca en menaes.

Les poblaciones d'estos mamíferos viéronse amenorgaes yá que la so carne ye bien demandada n'África y Asia; en China'l so carne considérase una delicatessen. Amás, delles rexones asiátiques atribúin poderes melecinales a les sos escames. Créese qu'amenorguen la hinchadura y ayuden a la circulación. N'años recién, los pangolinos fueron víctimes del tráficu d'especies.

Especies

Hai 8 especies vives anguaño[2] y una fósil:

Manis pentadactyla - Pangolín chinu ** Manis paleojavanica - Pangolín xigante asiáticu *Subxéneru Paramanis

Manis culionensis - Pangolín filipín

Manis temminckii - Pangolín de Temminck o pangolín terrestre *Subxéneru Uromanis

Referencies

  1. Scholtz, Gerhard. «Scarab beetles at the interface of wheel invention in nature and culture?». Contributions to Zoology (National Museum of Natural History Naturalis) 77 (3). ISSN 1875-9866. http://www.ctoz.nl/vol77/nr03/a01. Consultáu 'l 19 de xineru de 2009.
  2. (2005) en Wilson, Don: Mammal Species of the World, 3ª (n'inglés), Johns Hopkins University Press, 2 vols. (2142 pp.). ISBN 978-0-8018-8221-0.

Enllaces esternos


license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Manis: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
" Dibuxo d'un pangolín. " Otru dibuxu d'un pangolín terrestre.

Manis ye un xéneru de mamíferos folidotos de la familia Manidae, conocíos vulgarmente como pangolinos. Tienen grandes escames que cubren la mayor parte del so cuerpu. Atópase nes zones tropicales d'Asia y d'África.

Los pangolinos asiáticos caracterizar por tener pabellones auditivos esternos y escames debaxo de la cola. El so nome provien del vocablu malayu "pengguling" que se traduz por "rodiellu". El primer estudiu anatómicu reunificado y comparáu ente los pangolinos d'África y Asia realizar Francis Banguet en 1935.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST