dcsimg

Kalanchoe ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kalanchoe is ’n genus van sowat 125 spesies tropiese blomvetplante in die familie Crassulaceae, wat inheems is aan Suider- en Oos-Afrika, Madagaskar en Suidoos-Asië tot by China.[1]

Eienskappe

Die meeste spesies is struike of meerjarige plante, maar ’n paar is een- of tweejarig. Die grootste een, Kalanchoe beharensis van Madagaskar, kan tot 6 meter hoog word, maar die meeste is minder as ’n meter hoog.

Die plante is gewilde sierplante: as huisplante of buite as rots- en vetplante. Hulle is maklik om voort te plant, het min water nodig en het in die winter blomme in ’n groot verskeidenheid kleure wat gewoonlik in trosse aan lang stingels gedra word.

Probleme

Sommige spesies is giftig.[2] In die Karoostreek van Suid-Afrika kan dit krimpsiekte by diere veroorsaak.[3]

As die plante in die winter te nat gehou word, kan hulle verrot en die blare kan afval. Swamvlekke wat swart word, kan dui op meeldou.[4]

Spesies

Starr 080117-1758 Kalanchoe blossfeldiana.jpg
2007-03-20Kalanchoe blossfeldiana19.jpg
Crassulaceae kalanchoe flowers.jpg
Kalanchoe blossfeldiana.jpg
Kalanchoe blossfeldiana.JPG
Květy 4105.jpg
Starr 070529-7218 Kalanchoe blossfeldiana.jpg
Die groot verskeidenheid blomme van Kalanchoe.

Verskeie dwergkultivars van K. blossfeldiana kom voor met blomme wat rooi, oranje of pienk is. Van die ander spesies is:

  • Kalanchoe adelae
  • Kalanchoe arborescens
  • Kalanchoe beauverdii
  • Kalanchoe beharensis
  • Kalanchoe bentii
  • Kalanchoe bouvetii
  • Kalanchoe bracteata
  • Kalanchoe crenata
  • Kalanchoe crundallii
  • Kalanchoe daigremontiana
  • Kalanchoe dinklagei
  • Kalanchoe eriophylla
  • Kalanchoe farinacea
  • Kalanchoe figuereidoi
  • Kalanchoe flammea
  • Kalanchoe gastonis-bonnieri
  • Kalanchoe glaucescens
  • Kalanchoe gracilipes
  • Kalanchoe grandidieri
  • Kalanchoe grandiflora
  • Kalanchoe hildebrantii
  • Kalanchoe jongmansii
  • Kalanchoe kewensis
  • Kalanchoe laciniata
  • Kalanchoe lateritia
  • Kalanchoe laxiflora
  • Kalanchoe linearifolia
  • Kalanchoe longiflora
  • Kalanchoe luciae
  • Kalanchoe macrochlamys
  • Kalanchoe marmorata
  • Kalanchoe marnieriana
  • Kalanchoe millottii
  • Kalanchoe miniata
  • Kalanchoe nyikae
  • Kalanchoe obtusa
  • Kalanchoe orgyalis
  • Kalanchoe petitiana
  • Kalanchoe porphyrocalyx
  • Kalanchoe pubescens
  • Kalanchoe pumila
  • Kalanchoe quartiniana
  • Kalanchoe rhombopilosa
  • Kalanchoe robusta
  • Kalanchoe rosei
  • Kalanchoe rotundifolia
  • Kalanchoe schizophylla
  • Kalanchoe serrata
  • Kalanchoe sexangularis
  • Kalanchoe streptantha
  • Kalanchoe suarezensis
  • Kalanchoe synsepala
  • Kalanchoe thyrsiflora
  • Kalanchoe tomentosa
  • Kalanchoe tubiflora
  • Kalanchoe uniflora
  • Kalanchoe velutina
  • Kalanchoe viguieri

Verwysings

  1. ird.fr: Allorge-Boiteau, L., 1996. Madagascar Centre de Spéciation et d'Origine du Genre Kalanchoe (Crassulaceae). Biogéographie de Madagascar, 1996 : 137-145
  2. Steyn, Pieter S; van Heerden, Fanie R. (1998). Bufadienolides of plant and animal origin. Natural Product Reports. Royal Society of Chemistry. URL besoek op 2007-09-19.
  3. Hilton-Taylor, Craig. "How Dangerous are Euphorbias? (and others in the Family Euphorbiaceae) with some comments on dangerous plants in the families Agavaceae, Aizoaceae, Apocynaceae, Compositae, Crassulaceae, Liliaceae" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2018. Besoek op 19 September 2007.
  4. Longman, David (1992). Gesonde huisplante, stap vir stap geïllustreer. Pretoria: J.L. van Schaik. ISBN 0 627 01827 0.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kalanchoe: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Kalanchoe is ’n genus van sowat 125 spesies tropiese blomvetplante in die familie Crassulaceae, wat inheems is aan Suider- en Oos-Afrika, Madagaskar en Suidoos-Asië tot by China.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF