dcsimg

Blomriet ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die naam kanna kan vir enige plant wat tot die genus Canna (blomrietfamilie Cannaceae) behoort, gebruik word. Die genus, wat ongeveer 50 spesies insluit, is inheems in die tropiese dele van Amerika. As sierplante het dit so gewild geword dat dit feitlik oor die hele wêreld versprei het, veral die spesie Canna indica.

 src=
'n Kleurvolle voorbeeld van hierdie blomspesie.

In Suid-Afrika word die benaming kanna ook gebruik vir plante wat tot ander genera behoort, byvoorbeeld vir verskeie Sceletium-spesies (familie Aizoaceae), veral die Sceletium anatomicum (kannawortel), Sceletium expansum en Sceletium tortuosum. In die Vrystaat word die benaming kanna ook gebruik om sekere vygiespesies soos die Aridaria luteo-alba aan te dui. Die kanna is 'n meerjarige kruidgewas met 'n knolagtige wortelstelsel.

Die enkelvoudige stamme is glad en word ongeveer 1,6 m hoog. Die groot groen of rooi blare het duidelike veernerwige are. Die tweeslagtige blom bestaan uit drie vergroeide kroonblare en drie kelkblare. Die asimmetriese blomme kan rooi, geel, oranje of gespikkeld wees, terwyl vier van die kroonblaaragtige meeldrade onvrugbaar is. Daar is net een vrugbare meeldraad, wat ook 'n vrugbare helmhok het. Een van die onvrugbare meeldrade vorm die lip.

Kannas vermeerder baie vinnig en behoort elke jaar verdeel te word. Dit moet gewoonlik teen die einde van die winter geskied. Die ondergrondse deel van die stam word deurgesny en een of twee lote moet gelaat word. Die plant verkies baie son en genoeg water en blom in die somer tot in die herfs. Die plante vertoon pragtig wanneer hulle genoeg kompos en mis en baie water kry. Spesies wat gewilde sierplante geword het, is die Canna indica, Canna warscewiczii en Canna iridiffora.

Verwysings

  1. (en) Elspeth Haston, James E. Richardson, Peter F. Stevens, Mark W. Chase, David J. Harris. The Linear Angiosperm Phylogeny Group (LAPG) III: a linear sequence of the families in APG III Botanical Journal of the Linnean Society, Vol. 161, No. 2. (2009), pp. 128-131. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.01000.x Key: citeulike:6006207 pdf: http://onlinelibrary.wiley.com/doi/10.1111/j.1095-8339.2009.01000.x/pdf

Bron

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Blomriet: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die naam kanna kan vir enige plant wat tot die genus Canna (blomrietfamilie Cannaceae) behoort, gebruik word. Die genus, wat ongeveer 50 spesies insluit, is inheems in die tropiese dele van Amerika. As sierplante het dit so gewild geword dat dit feitlik oor die hele wêreld versprei het, veral die spesie Canna indica.

 src= 'n Kleurvolle voorbeeld van hierdie blomspesie.