dcsimg
Image of Bulbostylis hispidula (Vahl) R. W. Haines
» Plants » » Angiosperms »

Bulbostylis hispidula (Vahl) R. W. Haines

Fynbiesie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die fynbiesie (Bulbostylis hispidula (Vahl) R.W.Haines) is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika, Eswatini, Botswana en Namibië. Die subspesie pyriformis kom in alle Suid-Afrikaanse provinsies behalwe die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[1]

Die spesie het 'n amper pantropiese verspreiding: Sentrale en noordelike Suid-Amerika, westelike, sentrale, noordoostelike, oostelike en suidelike Afrika, en suidelike Madagaskar. Daar is verskeie subspesies wat dalk 'n beperkter voorkomsgebied het, maar dit is nie heeltemal seker nie. Dit groei in verskeie habitatte soos grasland wat 'n vogtige seisoen ken, droë sanderige plekke, oop droë grasland of moerasse langs die kus.[2]

Dit is 'n eenjarige of meerjarige plant wat polle vorm en 'n houtige wortelstok het wat aromaties is. Die stamme is 50 - 80 cm hoog en ongeveer 0,5 - 1,5 mm in deursnee. Die blare is aan die stam se basis bevestig. Die skedes is liggroen en digbehaard tot amper kaal. Die blare is 0,5 mm breed en minder as 15 cm lank, dikwels net 1 - 2 cm. Dit kry eivormige stekeltjies 4-15 mm lank en 2-4 mm breed. De chromosoomgetal is n=5[3]

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020.
  2. "eol" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2019.
  3. Fibres, Brink, M. & Achigan-Dako, E.G., PROTA, 2012, ISBN 9290814810, ISBN 9789290814818 bls. 68
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Fynbiesie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die fynbiesie (Bulbostylis hispidula (Vahl) R.W.Haines) is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika, Eswatini, Botswana en Namibië. Die subspesie pyriformis kom in alle Suid-Afrikaanse provinsies behalwe die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Die spesie het 'n amper pantropiese verspreiding: Sentrale en noordelike Suid-Amerika, westelike, sentrale, noordoostelike, oostelike en suidelike Afrika, en suidelike Madagaskar. Daar is verskeie subspesies wat dalk 'n beperkter voorkomsgebied het, maar dit is nie heeltemal seker nie. Dit groei in verskeie habitatte soos grasland wat 'n vogtige seisoen ken, droë sanderige plekke, oop droë grasland of moerasse langs die kus.

Dit is 'n eenjarige of meerjarige plant wat polle vorm en 'n houtige wortelstok het wat aromaties is. Die stamme is 50 - 80 cm hoog en ongeveer 0,5 - 1,5 mm in deursnee. Die blare is aan die stam se basis bevestig. Die skedes is liggroen en digbehaard tot amper kaal. Die blare is 0,5 mm breed en minder as 15 cm lank, dikwels net 1 - 2 cm. Dit kry eivormige stekeltjies 4-15 mm lank en 2-4 mm breed. De chromosoomgetal is n=5

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF