dcsimg
Image of Red grass
» Plants » » Angiosperms »

Red Grass

Themeda triandra Forssk.

Rooigras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooigras (Themeda triandra) is een van die belangrikste grasspesies van Suid-Afrika. Dit is inheems en kom in alle provinsies voor, maar dit word ook wydverspreid buite die land aangetref.[1]

Dit word in soetveldstreke as 'n soetgras beskou, maar as suurgras in suurveldstreke. Hoe hoër die reënval van 'n streek hoe suurder die veld gewoonlik is. Rooigras is 'n meerjarige spesie wat dikwels 'n klimaksgras is. Dit wil sê dat dit sal oorheers in 'n volwasse gemeenskap wat vir 'n hele aantal jare gerus word ontwikkel.[2]

Dit word 30 cm tot 150 cm hoog. Die jong gras is groen of blougroen, maar dit kry pienk, rooi of pers kleure as dit ouer word. In Oktober tot Julie kry dit hangende blompakkies wat drie puntige uitsteeksels het. Die aanwesigheid van rooigras dui op 'n gesonde toestand van die veld.[3]

Rooigras is 'n belankrike deel van die oorspronklike laagrenosterveld.[4]

Verwysings

  1. "SANBI-rooily" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2016.
  2. "Karoo Streeknuusbrief Junie 1974". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019.
  3. "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2016.
  4. Overberg Renosterveld.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooigras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooigras (Themeda triandra) is een van die belangrikste grasspesies van Suid-Afrika. Dit is inheems en kom in alle provinsies voor, maar dit word ook wydverspreid buite die land aangetref.

Dit word in soetveldstreke as 'n soetgras beskou, maar as suurgras in suurveldstreke. Hoe hoër die reënval van 'n streek hoe suurder die veld gewoonlik is. Rooigras is 'n meerjarige spesie wat dikwels 'n klimaksgras is. Dit wil sê dat dit sal oorheers in 'n volwasse gemeenskap wat vir 'n hele aantal jare gerus word ontwikkel.

Dit word 30 cm tot 150 cm hoog. Die jong gras is groen of blougroen, maar dit kry pienk, rooi of pers kleure as dit ouer word. In Oktober tot Julie kry dit hangende blompakkies wat drie puntige uitsteeksels het. Die aanwesigheid van rooigras dui op 'n gesonde toestand van die veld.

Rooigras is 'n belankrike deel van die oorspronklike laagrenosterveld.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF