dcsimg
Image of Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth
» Plants » » Angiosperms »

Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth

Duinekool ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Duinekool of strandkool (Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth) is 'n plant endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.[1]

Op die oostelike oewer van die Groot-Brakrivier se monding kom dit saam met vanwyksbossie op die heuweltjies van die duine voor.[2]

Dit is 'n indringersoort in Australië en gee daar aanleiding tot neurologiese siektes en lipofusinose onder perde en skape.[3] In Suid-Afrika en Namibië, waar 'n verwante spesie T. laxa aangetref word, kom vergiftigings ook voor, veral in die droë maande Augustus tot Desember. Voor die tyd is dit nogtans smaaklik.[4] Dit is 'n meerjarige plant wat polle vorm tot 80 cm hoog met smal, vlesige blare. Die blomstingels is baie vertak en dra klein wit blommetjies wat net kort bloei. Die plant se blomstingels word ook geoes en deur mense geëet.[5][6]

Biogeografie

'n Biogeografiese studie van die plante van die soutmoerasse van Suid-Afrika se riviermondings het aangetoon dat daar verskille is tussen die plantgemeenskappe van die koeler gematigde mondings en die subtropiese soutmoerasse. Duinekool is kenmerkend van die gematigde mondings saam met die spesies: [7]

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2015.
  2. "ewisa.co.za" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2009.
  3. Neurological disease and lipofuscinosis in horses and sheep grazing Trachyandra divaricata (branched onion weed) in south Western Australia. Huxtable CR, Chapman HM, Main DC, Vass D, Pearse BH, Hilbert BJ. Aust Vet J. 1987 Apr;64(4):105-8..
  4. "landbou.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2014.
  5. Agulhas Park eBulletin September 2011, deel 18.
  6. "intagram" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2016.
  7. Morphological Variation and Species Diversity of South African Estuarine Macrophytes Dimitri Allastair Veldkornet, proefskrif Department of Botany, Nelson Mandela Metropolitan University, Port Elizabeth, 2012
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Duinekool: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Duinekool of strandkool (Trachyandra divaricata (Jacq.) Kunth) is 'n plant endemies aan Suid-Afrika. Dit kom in die provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.

Op die oostelike oewer van die Groot-Brakrivier se monding kom dit saam met vanwyksbossie op die heuweltjies van die duine voor.

Dit is 'n indringersoort in Australië en gee daar aanleiding tot neurologiese siektes en lipofusinose onder perde en skape. In Suid-Afrika en Namibië, waar 'n verwante spesie T. laxa aangetref word, kom vergiftigings ook voor, veral in die droë maande Augustus tot Desember. Voor die tyd is dit nogtans smaaklik. Dit is 'n meerjarige plant wat polle vorm tot 80 cm hoog met smal, vlesige blare. Die blomstingels is baie vertak en dra klein wit blommetjies wat net kort bloei. Die plant se blomstingels word ook geoes en deur mense geëet.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF