dcsimg
Image of Scadoxus puniceus (L.) Friis & Nordal
» Plants » » Angiosperms »

Scadoxus puniceus (L.) Friis & Nordal

Mieliegifbol ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src=
Haemanthus magnificus

Die mieliegifbol (Haemanthus magnificus) is 'n bekende lid van die familie Amaryllidaceae, een van die Lelieagtiges. Die naam is afgelei van die feit dat die bol skynbaar giftig is en dat die plant die voorkoms van ʼn mielieplant het wanneer dit nie blom nie. 'n Alternatiewe naam, seeroogblom, verwys na die irriterende uitwerking wat die stuifmeel het.

Die wetenskaplike naam verwys na die rooi blomme (aima = "bloed"; anthos = "blom"). Die plant word ongeveer 60 cm hoog, terwyl die individuele blare ongeveer 25 cm lank word. In die middel is die blare ongeveer 9 cm breed en die rande gegolf. Die bol kan tot 30 cm in deursnee word en het 'n groot aantal lang, vlesige wortels.

Die blomsteel is 30 tot 40 cm lank en groot getalle klein blommetjies kom saam op 'n enkele hofie voor. Rondom die hofie is beskermende blare, sodat die hele hofie die voorkoms van 'n enkele blom met kelkblare het. Na die blomtyd verskyn helderrooi kersieagtige vruggies wat volgens oorlewering giftig is.

Die mieliegifbol het 'n wye verspreiding in Suid-Afrika, van Oos-Kaap tot in Gauteng. Dit is betreklik volop aan die Witwatersrand, waar dit normaalweg onder groepies bome of struike groei. Ook in die res van die land word hulle byna altyd onder bome aangetref.

Bronnelys

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Mieliegifbol: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Haemanthus magnificus