dcsimg

Papegaaiduif ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Papegaaiduif (Treron calvus) is 'n voël wat 25–28 cm lank word. Die volksnaam is besonder gepas om dié papegaai-agtige voël te beskryf wat dikwels onderstebo aan takke hang op soek na kos. Hulle is besonders lief vir vye.

Algemeen

  • Beskrywing: Wanneer mens hom in die boom sien klouter, is die onmiddellike indruk dié van 'n groen, papegaai-agtige voël. Van naderby is hierdie spesie onmiskenbaar met sy groen en geel verekleed en die kastaiingbruin onderstertvere. Wanneer hy kos soek, klouter hy rond in bome wat vrugte dra en hang soms onderstebo aan takke. Jong voëls het olyfkleurige skouervlekke.
  • Habitat: Woude, bosveld, savanne; altyd in die omgewing van bome wat vrugte dra, veral vye.
  • Status: Algemene standvoël, onderhewig aan plaaslike beweging.
  • Soortgelyke soorte: Meer as 'n dosyn rasse is beskryf in die wye voorkomsgebied wat strek van Suid-Afrika tot Senegal. Die genus Treron het 'n oorwegend Asiatiese verspreiding, waarvan 5-6 spesies in Afrika, Madagaskar en aanliggende eilande tuis is.
  • Roep: Verskil van ander duiwe in die streek; 'n reeks vloeiende fluite, ‘thweeeloo, thweeeoo’.
  • Dieet: Hoofsaaklik vrugte, veral wildevye, maar vreet ook aas.
 src=
'n Papegaaiduif (T. c. nudirostris) vreet wildevye in die Gambië
 src=
Twee papegaaiduiwe (T. c. delalandii) in Natal

Broeigewoontes

  • Plek: In 'n mik van 'n boomtak met 'n goeie uitsig op die omliggende gebied.
  • Nes: 'n Swak stokkerige nes. Die mannetjie maak die nesmateriaal bymekaar waarmee die wyfie dan die nes bou.
  • Seisoen: Enige maand van die jaar, maar meestal in die somer
  • Getal eiers: 1-2
  • Broeitydperk: 13-14 dae
  • Kuikenstadium: Sowat 12 dae

In die tuin

  • Habitat: Dié voël sal voorkeur gee aan die blaarkruine in 'n tuin, veral waar daar vrugtebome is. Hulle besoek nie voëlbadjies nie.
  • Kosvereistes: Papegaaiduiwe is vrugtevreters en is besonder lief vir wildevye, soos die Ficus sycomorus en Ficus sur. Hulle vreet ook die vruggies van die Transvaalsaffraan (Cassine transvaalensis), doppruim (Pappea capensis), blinkblaar-wag-'n-bietjie (Ziziphus mucronata), waterbessie (Syzygium cordatum) en jakkalsbessie (Diospyros mespiliformis).

Papegaaiduiwe sal ook aangeplante vrugte, soos moerbei en lukwarte eet. In sommige gebiede besoek papegaaiduiwe gereeld die voertafel. 'n Verskeidenheid vrugte wat aan dorings aan bome vasgesteek word of tussen die skubbe van 'n dennebol ingedruk word, sal benut word.

  • Nesmaak: Papegaaiduiwe sal in tuine nesmaak, en soms bou etlike pare hulle neste naby mekaar. Hulle verkies immergroen bome, aangesien hulle begin broei voor die bladwisselende bome weer blare kry.

Sien ook

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Papegaaiduif: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

'n Papegaaiduif (Treron calvus) is 'n voël wat 25–28 cm lank word. Die volksnaam is besonder gepas om dié papegaai-agtige voël te beskryf wat dikwels onderstebo aan takke hang op soek na kos. Hulle is besonders lief vir vye.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Treron calvus ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Treron calvus, ye una especie d'ave columbiforme perteneciente a la familia Columbidae. Ye orixinaria de les sabanes d'África.

Galería

  • "

    Alimentándose d'un frutu Image:Two

  • "

    Dos nun árbol

Referencies

Enllaces esternos

"Protonotaria-citrea-002 Esta páxina forma parte del wikiproyeutu Aves, un esfuerciu collaborativu col fin d'ameyorar y organizar tolos conteníos rellacionaos con esti tema. Visita la páxina d'alderique del proyeutu pa collaborar y facer entrugues o suxerencies.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Treron calvus: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Treron calvus

Treron calvus, ye una especie d'ave columbiforme perteneciente a la familia Columbidae. Ye orixinaria de les sabanes d'África.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST