dcsimg

Natalse groenslang ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Natalse groenslang (Philothamnus natalensis) is 'n onskadelik slang wat aan die oostekant van Suid-Afrika voorkom. Dit kan verwar word met die groenmamba of boomslang.

Daar is twee subspesies:

  • Philothamnus natalensis natalensis - Oostelike Natalse groenslang
  • Philothamnus natalensis occidentalis - Westelike Natalse groenslang

Die Oostelike Natalse groenslang kom voor van Amanzimtoti noordwaarts al langs die ooste van KwaZulu-Natal, deur Mpumalanga en Limpopo, Mosambiek, Swaziland en Lesotho.

Die Westelike Natalse groenslang kom voor in die Weskaap, Oos-Kaap, suide en weste van KwaZulu-Natal, die oos Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng, Limpopo en Noordwes en Swaziland.

Die slang is heldergroen tot turkooisgroen aan die rugkant en die pens is groenwit of liggelerig. Die kop is onderskeibaar van die lyf. Onvolwasse slange kan soms donker dwarsbande oor die voorlyf hê. Hulle verkies laaglandwoude, vogtige en dorre savanne, grasveld en die onderste hange van berge.

Die groenslang is 'n aktiewe slang wat in die dag bedrywig is waar dit die meeste van sy tyd in bome en struike deurbring. Dit word dikwels naby water aangetref. Dit verkies digte plantegroei waar dit baie goed gekamoefleer is.

Die slang het gekielde pensskubbe, kan goed klim en verdwyn vinnig in die plantegroei wanneer dit versteur word. Indien die slang gevang word, sal dit sy nek opblaas en maklik byt. Die slang vreet akkedisse, veral geitjies en paddas uitgesonderd skurwepaddas. Sy natuurlike vyande is roofvoëls, klein karnivore, en ander slange - veral die takslang.

Die slang is ovipaar en dit lê 4-6 eiers, veertien is al waargeneem. Die klein slangetjies is 15 cm lank wanneer hulle uitbroei.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Natalse groenslang: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Natalse groenslang (Philothamnus natalensis) is 'n onskadelik slang wat aan die oostekant van Suid-Afrika voorkom. Dit kan verwar word met die groenmamba of boomslang.

Daar is twee subspesies:

Philothamnus natalensis natalensis - Oostelike Natalse groenslang Philothamnus natalensis occidentalis - Westelike Natalse groenslang