dcsimg

Groot kaktusgrondvink ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die groot kaktusgrondvink (Geospiza conirostris) is ’n spesie sangvoëls in die darwinvinkgroep van die familie Thraupidae. Darwinvinke kom net op die Galapagos-eilande voor en is nie naby verwant aan ware vinke nie. Die groot kaktusgrondvink is inheems aan die Galápagos-eilande, waar dit net op Española-, Genovesa-, Darwin- en Wolfeiland voorkom. Die donker voël lyk soos die kleiner gewone kaktusgrondvink, maar die twee spesies word nie op enige eiland saam aangetref nie.

Hul natuurlike habitat is droë struiklande en hulle kom meestal op die grond voor. Hul hoofvoedsel is die kaktus Opuntia.

Taksonomie

Die groot kaktusgrondvink is een van die darwinvinke, ’n groep naby verwante voëls wat op die Galápagos-eilande ontstaan het. Hulle is verwant aan die genus Tiaris wat in Suid-Amerika en die Karibiese gebied voorkom.[2] ’n Voorouer van die Tiaris het twee tot drie miljoen jaar gelede op die Galápagos-eilande aangekom, en die groot kaktusgrondvinke is een van die spesies wat uit dié voorouer ontwikkel het.[3] Volgens ’n studie wat in 2015 gedoen is, is die voël ’n broer van die groot grondvink, maar nie van die Genovesa-kaktusvink nie. (Lamichhaney et al. 2015).

Beskrywing

Die groot kaktusgrondvink is een van die grootste darwinvinke – dit is 15 cm lank. Die mannetjie is swart met wit onder die stert. Wyfies en jong voëls wissel in kleur van dowwe grys tot mat swart en die vere en onderste dele van die lyf het dikwels wit rande.[4]

Verwysings

  1. "Geospiza conirostris". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 26 November 2013.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  2. Newton, Ian (2003). Speciation and Biogeography of Birds. San Diego, CA, USA: Academic Press. p. 78. ISBN 978-0-12-517375-9.
  3. Grant, Peter R.; Grant, B. Rosemary (2008), How and Why Species Multiply: The Radiation of Darwin's Finches, Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13360-7
  4. Swash, Andy; Still, Rob. Birds, Mammals, and Reptiles of the Galápagos Islands: An Identification Guide (2nd uitg.). London, UK: Christopher Helm. p. 104. ISBN 978-0-300-11532-1.

Aangehaalde bronne

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Groot kaktusgrondvink: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die groot kaktusgrondvink (Geospiza conirostris) is ’n spesie sangvoëls in die darwinvinkgroep van die familie Thraupidae. Darwinvinke kom net op die Galapagos-eilande voor en is nie naby verwant aan ware vinke nie. Die groot kaktusgrondvink is inheems aan die Galápagos-eilande, waar dit net op Española-, Genovesa-, Darwin- en Wolfeiland voorkom. Die donker voël lyk soos die kleiner gewone kaktusgrondvink, maar die twee spesies word nie op enige eiland saam aangetref nie.

Hul natuurlike habitat is droë struiklande en hulle kom meestal op die grond voor. Hul hoofvoedsel is die kaktus Opuntia.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Geospiza conirostris ( Asturian )

provided by wikipedia AST
"Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

'''Geospiza conirostris[2] ye una especie d'ave de la familia Thraupidae son reinales de les islles Galápagos (Ecuador), sobremanera en Xenovesa.

El so hábitat natural son les zones de carba tropical. El so alimentu principal ye'l cactus Opuntia, pero tamién s'alimenta de granes ya inseutos.

Descripción

La fema tien el picu coloráu y plumaxe ye de color blancu, marrón y negru. Los machos tienen el plumaxe negru y picu escuru. El pinzón de la islla de La Española tien un picu más grande qu'en Xenovesa. Se caracterizadan por ser comedores de granes, el so fuerte picu déxa-yos alimentase de granes grandes y dures.

Referencies

Enllaces esternos

"Protonotaria-citrea-002 Esta páxina forma parte del wikiproyeutu Aves, un esfuerciu collaborativu col fin d'ameyorar y organizar tolos conteníos rellacionaos con esti tema. Visita la páxina d'alderique del proyeutu pa collaborar y facer entrugues o suxerencies.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Geospiza conirostris: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST
Geospiza conirostris "Map Les especies d'aves con nome común en llingua asturiana márquense como NOA. En casu contrariu, conséñase'l nome científicu o de la SEO.

'''Geospiza conirostris ye una especie d'ave de la familia Thraupidae son reinales de les islles Galápagos (Ecuador), sobremanera en Xenovesa.

El so hábitat natural son les zones de carba tropical. El so alimentu principal ye'l cactus Opuntia, pero tamién s'alimenta de granes ya inseutos.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST