dcsimg

Kroonarend ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die kroonarend (Stephanoaetus coronatus), is 'n groot, kragtige roofvoël (80–90 cm) van die genus Stephanoaetus. Die kroonarend is 'n bewoner van tropiese Afrika, suid van die Sahara en word in Suid-Afrika in die oostelike landstreke aangetref.

Kroonarende woon hoofsaaklik in digte woude en hul stapelvoedsel is ape (veral die van die Cholorcebus-genus) en ander medium-grootte soogdiere, soos dassies en klein bokkies. Alhoewel 98% van hul dieet uit soogdiere bestaan, sal kroonarende ook nou en dan voëls en akkedisse eet.

Die kroonarend gebruik sy pote om sy prooi dood te druk. Dit word as die sterkste voël in Suidelike Afrika beskou. Hulle leef in familiegroepe wat uit 'n vader, 'n moeder en enkele jonger voël bestaan.

Ander name

  • Engels: African Crowned Eagle
  • Wetenskaplike naam: Stephanoaetus coronatus

Sien ook

Bronnelys

  • The 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Bevat inligting omtrent die bedreigingstatus van die Kroonarend [1].
  • Gibbon, Guy; Maclean, Gordon & van der Merve, Steven (1997): Roberts' Multimedia Birds of Southern Africa 2.1 (CD-ROM). Southern African Birding cc.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kroonarend: Brief Summary ( Afrikaans )