dcsimg

Heuningby ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die heuningby (Apis mellifera) is 'n insek wat dwarsoor die wêreld versprei is. Heuningbye word deur deur die mens benut vanweë die heuning en byewas wat hulle produseer, asook vir die bestuiwing van gewasse (veral vrugte). Byebevolkings wat vir menslike gebruik aangewend word, word deur byeboere aangehou en onderhou.

In Europa bestaan daar twee geneties verskillende bevolkings. Uit DNS-analises blyk dit dat hierdie twee bevolkings nouer verwant aan die Afrika-heuningby is as aan mekaar.

Heuningbye beskik oor 'n interne biologiese klok wat hulle in staat stel om beter te kan navigeer en hul take te kan verdeel. Hulle is uiters sosiale insekte en woon in gemeenskappe wat uit ongeveer halfmiljoen bye bestaan. Verreweg die meeste lede van hierdie gemeenskappe is steriele vroulike werkerbye. Slegs 'n paar honderd bye in die bevolking is mannetjies, ook genoem hommels. 'n Hommel se taak is om met 'n koningin te paar ('n aantal van hulle met een koningin op haar "bruidsvlug) en dié vrugbare wyfie se taak is om daarna lewenslank eiers te lê ten einde die byegemeenskap se voortbestaan te verseker.

Subspesies

Noordwestelike Europa
  • A. m. iberica
  • A. m. intermissa
  • A. m. lihzeni
  • A. m. mellifera
  • A. m. sahariensis
Suidwestelike Europa
  • A. m. carnica
  • A. m. cecropia
  • A. m. ligustica
  • A. m. macedonica
  • A.m. ruttneri
  • A. m. sicula
Midde-Ooste
  • A. m. adamii
  • A. m. anatoliaca
  • A. m. armeniaca
  • A. m. caucasica
  • A. m. cypria
  • A. m. meda
Afrika
  • A. m. adansonii
  • A. m. capensis
  • A. m. intermissa
  • A. m. lamarckii
  • A. m. litorea
  • A. m. major
  • A. m. monticola
  • A. m. sahariensis
  • A. m. scutellata
  • A. m. unicolor
  • A. m. jemenitica

Bronnelys

  • Bye in Wêreldspektrum, volume 4. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Heuningby: Brief Summary ( Afrikaans )