dcsimg
Image of <i>Periclimenes soror</i>
Unresolved name

Periclimenes soror

Seestergarnaal ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die seestergarnaal (Periclimenes soror) is 'n klein, smal garnaal wat baie soos die bek van 'n eend lyk. Die seedier word in water wat 10 tot 30 m diep gevind, gewoonlik saam met seesterre; onder wie hulle skuil wanneer gevaar dreig. Hulle word in die Stille- en Indiese oseane gevind; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. Die garnaal word slegs 15 mm lank. In Engels staan die garnaal bekend as starfish shrimp.

Die kleur varieer; dit pas gewoonlik by die gasheer aan en wissel van persblou tot oranjerooi. Hulle is soms bruin of wit. Daar is soms ook 'n ligte streep op die rug. Die seedier is 'n omnivoor en leef as enkelinge op die gasheer. Dit spesie kom algemeen voor.

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Seestergarnaal: Brief Summary ( Afrikaans )