dcsimg

Priritbosbontrokkie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die priritbosbontrokkie (Batis pririt) is 'n klein voëltjie wat in die westelike en sentraal-Suidelike Afrika voorkom. Die voëltjie is byna-endemies en is 'n standvoël in doring- en struikveld en versprei tot in woestyngebiede langs beboste, droë waterlope. In Engels staan dit bekend as die Pririt Batis.

Identifikasie

Die voël is 12 cm lank en weeg slegs 10 gram. Die wyfie het 'n onderskeidende dofgeel getinte bors en keel. Die mannetjie lyk baie soos die witliesbosbontrokkie. Die donkergespikkelde sye is onderskeidendend, die roepe verskil en die gebiede waar die voëls leef oorvleuel net effens. Die jong voël lyk amper soos die wyfie maar die rugkant is dofgeel gespikkel, en die bors donkerbruin en dofgeel gevlek.

Sien ook

Bron

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Priritbosbontrokkie: Brief Summary ( Afrikaans )